Wenners van Filmkompetisie

Sink en Between The Devil And The Deep wen filmpryse by die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam!

Vrydagaand, met die opening van die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam, is die wenners vir die beste Suid-Afrikaanse speelfilm en dokumentêre aangewys. Die Nederlandse jurie het die speelfilm Sink en die dokumenter Between The Devil And The Deep verkies tot nommer een in hul onderskeidelike kategorieë.
Between The Devil And The Deep speel Saterdag 9 April van 17:50 – 19:50 in die Compagnietheater se ShowMax Kleine Zaal.
Sink speel Sondag 10 April tussen 13:40 en 15:40 in die Compagnietheater se ShowMax Kleine Zaal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *